Aandag geskenk aan vroulike wanbalans in sagteware-ontwikkeling

Die tegnologiereus Samsung Suid-Afrika en die Universiteit van die Wes-Kaap sê hulle sal aandag skenk aan navorsings-bevindings wat dui op ‘n wanbalans in vroulike verteenwoordiging in sagteware-ontwikkeling. Volgens ‘n verslag van Price Waterhouse Coopers, beklee vroue slegs 19 persent van tegnologieverwante poste by die top-10 internasionale tegnologie-ondernemings. ‘n Woordvoerder, Wouter Grové, sê Samsung en die universiteit sal volgende jaar weer ‘n program van ses maande aanbied wat vroue die geleentheid sal bied om vaardighede in sagteware-ontwikkeling op te doen.