Nóg ‘n liggaam van onbekende man in Windhoek gevind

Die liggaam van ‘n onbekende man is vandag in ‘n rivierbedding oorkant die Raad van Kerke van Namibië in Windhoek se Grysblok-woonbuurt gevind. Die Namibiese polisie se bevelvoerder in die Khomas-streek, kommissaris Ismael Basson doen ‘n beroep op lede van die publiek wat ‘n famlielid vermis, om die polisielykshuis te besoek om die liggaam uit te ken. Ismael het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die enigste leidraad wat hulle het is dat ‘n selfoon by die oorledene gevind is.