Inflasie steel brood uit jou mond uit

Stapelvoedsel se pryse styg steeds. Volgens die jongste syfers is die huidige inflasie van die kommoditeite op 13 persent in September gemeet, teenoor 7,5 persent wat in September verlede jaar aangeteken is. Met die styging in dieselpryse, sal stapelvoedsel-produkte nog duurder word. Namib Meulens se pryse styg ook met 4 persent op 14 November vanjaar. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap was die gemiddelde brood-inflasie tot dusver vanjaar net-net onder 10 persent teenoor 6,6 persent in dieselfde periode verlede jaar. Die VN se Wêreldvoedselprogram sluit Namibië by lande in wat hongersnood-brandpunte is en sê die land het ‘n voortslepende voedselkrisis.