Suikerbedryf in Suid-Afrika staar ernstige bedreiging in die gesig

Die nuus van Tongaat Hulett se sakeredding word as ʼn katastrofe beskou vir suikerrietkwekers se waardeketting. Die maatskappy skuld glo 400 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan kwekers. Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging vrees Tongaat Hulett sal verskaffers nie betyds kan betaal nie. ʼn Woordvoerder van die vereniging, Andrew Russell, sê daar is ‘n groot moontlikheid van verliese in verskeie ondernemings binne die sektor: