ANC werk aan wettiging van sekswerk

Die ANC-regering het bevestig hy is besig om ‘n wetsontwerp te formuleer wat die weg kan baan tot die wettiging van sekswerk in die land. Die minister van justisie, Ronald Lamola, sê die wetsontwerp sal na verwagting teen die einde van die jaar afgehandel wees. Die wetsontwerp sal gepubliseer word en vir openbare kommentaar beskikbaar wees. Lamola het die Presidensiële Beraad oor Geslagsgeweld en Vrouemoord ingelig oor die werk wat sy departement sedert die vorige beraad gedoen het: