Inflasie is op, na 4,1%

Die Namibiese Statistieke Agentskap het die verbruikersprys-indeks vir November bekend gemaak. Inflasie is op na 4,1 persent teenoor 2,2 persent wat in November 2020 gemeet is. Op ‘n maandelikse grondslag, het inflasie met 0,6 persent gestyg teenoor Oktober. Voedsel en nie-alkoholiese drankies is 23 persent bygedra tot die algehele inflasie terwyl alkoholiese drankies en tabak 10 persent bygedra het en vervoer 40 persent. Vleis het in Oktober 11,1 persent duurder geword terwyl grane met 2,7 persent gestyg het. Vette en olies is 13,5 persent duurder en vrugte en groente, 16,6 persent.