Aussies se Slater weer in hegtenis geneem

Die Australiese krieketspeler Michael Slater is weer in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n interdik verontagsaam het. Sy voormalige lewensmaat het na bewering ‘n string beledigende teksboodskappe en oproepe van hom gekry. Dit volg byna twee maande nadat Slater aangekla is dat hy sy aan-en-af-lewensmaat agtervolg en geïntimideer het ná ‘n beweerde voorval in Oktober. Landdros Michelle Goodwin het die 51-jarige Slater tydens sy hofverskyning vandag tot huisarres gevonnis, totdat ‘n bed in die psigiatrie-saal van die Northern Beaches-hospitaal beskikbaar is, waar hy opgeneem sal word.