Inflasie het groot impak op boubedryf

Die impak van stygende boumateriaalpryse gaan ‘n reuse-impak op die Namibiese konstruksie-sektor hê, volgens ‘n kenner. Plaaslike boumateriaalkoste het gemiddeld met 13,9 persent gestyg wanneer ‘n mandjie geselekteerde boumateriaal ontleed word. Volgens inflasie-data van die Namibiese Statistieke-agentskap bly prysstygings van produkte wat gebruik word vir roetine-instandhouding en herstel van geboue verhoog op 3,4 persent op ‘n jaargrondslag in Mei 2022. ‘n Bekende sakeman in die konstruksiebedryf dr. Leake Hangala het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.