Lekker gedoente vanaand by Redline Motorklub

Die Redline Motorklub bied vanaand ‘Port and Hamburgers with Carl Borchardt’ by die klub by 3 Ruhrstraat aan. Alle fondse is ten bate van dierewelsyn. Dippies Dippenaar, wat die geleentheid reël, sê daar is twee doelwitte – om Carl Borchardt aan die Namibiese gehoor voor te stel en om wreedheid teenoor diere te bekamp.