Zondo sê SA-president moet direk verkies word

Hoofregter Raymond Zondo het aanbeveel dat Suid-Afrika se Grondwet gewysig word sodat landsburgers die president regstreeks kan verkies. Hy doen dié aanbeveling in die laaste deel van die staatskapingsverslag. Hy sê Jacob Zuma het president geword omdat hy tot ANC-president kon vorder en die meeste kiesers in die 2009 nasionale en provinsiale verkiesings vir die ANC gestem het. Zondo sê die land se kiesstelsel is gebrekkig omdat baie mense vir die ANC wou stem, maar nie Zuma as president wou hê nie.