Inentings vir kinders tussen 12 en 17 jaar oud begin

Die Namibiese gesondheidsministerie het begin met die inenting van die Pfizer-entstof vir kinders tussen 12 en 17 jaar oud. Die Wêreldgesondheidsorganisasie beveel Pfizer vir kinders in die ouderdomsgroepe aan. Kinders tussen 12 en 13 jaar oud het die toestemming van hul ouers of voogde nodig, maar nie tieners tussen 14 en 17 jaar oud nie. Volgens die jongste syfers het 92 kinders tussen 12 en 17 jaar oud in Namibië hulle eerste dosis Phizer-entstof ontvang. Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula het gesê dit gaan goed met die inentingsproses van tieners, maar inligting moet meer versprei word.