Inenting in Afrika red miljoene

Na raming is 51,2 miljoen lewens gered deur entstowwe in die Afrika-streek oor die afgelope 50 jaar. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die prestasie Woensdag aangekondig, aan die begin van vanjaar se Afrika-inentingsweek en Wêreld-inentingsweek. In ‘n halfeeu het inenting teen 14 siektes regstreeks bygedra tot die vermindering van babasterftes met 40 persent wêreldwyd en met meer as 50 persent in Afrika.