Taylor breek (alweer) talle rekords

Taylor Swift se jongste album, The Tortured Poets Department, het geskiedenis gemaak op Spotify. Dit het die eerste album in die geskiedenis van die toepassing geword wat ‘n miljard stromings binne ‘n enkele week gehad het. Die enkelsnit Fortnight met Post Malone het op die eerste dag van vrystelling, die mees gestroomde liedjie binne ‘n enkele dag in Spotify se geskiedenis geword. Die album het reeds die topverkoper plaatvrystelling in die moderne era geword. Daar is 700 000 kopieë in die drie dae verkoop.