Indiensnemingsfonds sal 50 000 werksgeleenthede skep – Cyril

President Cyril Ramaphosa sê die nuutgestigte Maatskaplike Indiensnemingsfonds sal nie alleen meer werksgeleenthede skep nie, maar is ook ‘n kritieke dryfveer van ontwikkeling en maatskaplike opheffing. Altesaam 80 miljoen Suid-Afrikaanse rand is aan die fonds toegeken wat na verwagting sowat 50 000 werksgeleenthede sal skep. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief nie minder as 80-persent van die geld wat ontvang word, word vir salarisse bestee. Hy voeg by dit sal verseker dat die werk wat die fonds ondersteun arbeidsintensief is en betekenisvolle ervaring en werklike maatskaplike waarde bied.