Wes-Kaap ervaar ook traagheid by inentings

Die Wes-Kaap is een van die talle plekke in Suid-Afrika wat ‘n traagheid vir Covid-19-inentings ondervind vir mense van 50 jaar en ouer. Ongeveer 53 persent van dié ouderdomsgroep is volledig ingeënt en 6 persent gedeeltelik. ‘n DA-parlementslid, Wendy Kaizer-Philander, sê die verwagte vierde vlaag Covid-19 infeksies sal na verwagting oor die Desember-tydperk plaasvind. Sy sê maatreëls word ingestel om individue te help om onsekerheid oor inentings uit die weg te ruim: