VN sê daar’s geen demokrasie sonder persvryheid nie

Die Verenigde Nasies sê aanvalle op joernaliste is aanvalle op vryheid van spraak. Vandag is Wêreld Persvryheid-dag. Dié dag herinner regerings hoe belangrik dit is om steeds persvryheid te ondersteun. Vir mense in die mediabedryf is dit ook ‘n dag om oor sake soos persvryheid en professionele etiek na te dink. Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê sonder persvryheid bestaan geen werklike demokratiese gemeenskappe nie.