Sewe jurielede in Trump-saak aangestel

Sewe jurielede is tot dusver aangewys vir oudpresident Donald Trump se strafsaak oor swyggeld in New York. Die lede bestaan uit vier mans en drie vroue wat ʼn verkoopspersoon, verpleegkundige, twee prokureurs, ʼn IT-kenner, onderwyser en programmatuur-ingenieur insluit. ʼn Jurie van 12 persone en tot ses plaasvervangers moet uiteindelik aangewys word. Trump word aangekla dat hy sakerekords vervals het om voor die 2016-verkiesing swyggeld aan ‘n vrou te betaal.