Israel, Palestina ‘het geloofwaardige vredesproses nodig’

Suid-Afrika internasionale betrekkinge-departement het diepe kommer uitgespreek oor die verwoestende verskerping in die konflik tussen Israel en Palestina. Die ministerie sê die streek het ‘n geloofwaardige vredesproses desperaat nodig wat hou by vorige Verenigde Nasies-resolusies oor ‘n twee-staat oplossing, en ‘n regverdige en volledige vredesproses. Lande regoor die wêreld het ook die Palestynse aanvalle ter see, land en lug veroordeel wat Israel sê meer as 250 mense se dood veroorsaak het. Die Palestynse owerhede sê meer as 250 mense het in Gaza gesterf in Israeli lugaanvalle en ander militêre operasies wat ook wyd veroordeel word.