Hulporganisasie kort net ‘n stel bande vir sy reaksie voertuig

‘n Gemeenskapsorganisasie, die Response Action Based Organisation, spesialiseer in noodreaksie van verskillende soorte om hulp aan die publiek, veral in verband met geslagsgeweld te verskaf. Zack Itodo van die organisasie sê dat hulle bystand nodig het om hul take uit te voer. Hulle reageer op geweldsmisdaad, kindermishandeling, selfmoordpogings en verskaf vervoer na hospitale. Hy sê hulle het uitdagings wat dit moeilik maak om hul operasies uit te voer.