Hulp vir slegs swart SA toerisme-ondernemings onwettig

Die Suid-Afrikaanse appèlhof sê die Toerismehulpfonds is nie wetlik verplig om besighede in die sektor by te staan op grond van hul swart ekonomiese bemagtigingstatus nie. Die fonds is veronderstel om ondernemings te help wat deur die Covid-19-pandemie geraak is. AfriForum het die voormalige minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane se besluit om slegs swart ondernemings by te staan, in die hof betwis. Die hof het hierdie opdrag nou onwettig verklaar. Die hofbevel magtig of verplig nie die minister van toerisme om fondse wat reeds uitbetaal is te verhaal nie. Die departement moet ook AfriForum se regskoste betaal.