Namibiese studente-hulpfonds gaan ontbind

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente, NSFAF, se waarnemende uitvoerende hoof, Kennedy Kandume, het bevestig voorbereidings is onderweg om die fonds tot niet te maak en ten volle deur die ministerie van hoër onderwys te laat oorneem. Stad Windhoek se burgemeester, dr. Job Amupanda, was die eerste persoon wat vanoggend aangekondig het dat die NSFAF tot niet sal gaan. Die fonds is gekritiseer as ‘n bodemlose put vir die elite. Dit is tans onduidelik of dit drastiese besnyding van die personeel en die salarisrekening sal behels. Kandume praat met Kosmos 94.1 Nuus.