Taliban wil wêreldleiers by VN se Algemene Vergadering toespreek

Die Taliban het versoek om wêreldleiers tydens die huidige sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York toe te spreek. Die VN se woordvoerder, Stephane Dujarric, het gesê die sekretaris-generaal, Antonio Guterres, het op 15 September ‘n versoek van die huidige Afghaanse ambassadeur, Ghulam Isaczai, met die lys van die Afghaanse afvaardiging ontvang. ‘n VN-komitee oorweeg die versoek, maar sal straks nie ‘n besluit neem voor dié sitting eindig nie.