Hou vanaand die hemelruim dop

Die Suid-Afrikaanse Astronomie Observatorium sê die Geminides-meteoorreën, wat een van die mees skouspelagtiges in Suider-Afrika is, moet vanaand tussen half-twaalf en môreoggend drie-uur opgehou word – mits die weer dit toelaat. En die Internasionale Ruimtestasie sal vanaand omstreeks veertien minute na agt oral in Namibië met die blote oog (as die wolke dit toelaat) sigbaar wees. Dit sal vanaf ’n noord-westelike rigting, suid-oos oor die land beweeg.