Dodetal ná haelstorm in Mthatha styg tot ses

Rampbestuur-spanne in die OR Tambo-distriksmunisipaliteit het bevestig die dodetal ná die haelstorm in Mthatha het tot ses gestyg. ‘n Woordvoerder van die OR Tambo-distriksmunisipaliteit, Zimkhitha Macingwane, het aan gesê hulle werk tans aan maniere om die gesinne wat geraak is by te staan. Meer as 19 mense is steeds in die hospitaal, terwyl honderde steeds haweloos is.

‘n Inwoner in die gebied, Zukisani Ngolomane, sê hulle benodig die regering se hulp.