Honderde vrugtebome by Tshwane-skole geplant

Die Stad Tshwane sê hulle het as deel van Boomplantmaand meer as 200 vrugtebome by 25 skole geplant. Dit sluit in lemoen-, pruim-, appel-, perske- en vyebome. Ontbossing is ‘n nasionale en wêreldwye probleem wat bydra tot klimaatsverandering, die verlies aan biodiversiteit en gronderosie. Dit het ook ‘n negatiewe uitwerking op mense se lewensbestaan. Die burgemeesterskomiteelid vir die omgewing, Dana Wannenburg, sê die aanplant van bome is ‘n klein begin in ‘n poging om die probleem van ontbossing te verminder: