Amnestie-maand amper om

Die Namibiese Landbou-unie het boere daaraan herinner dat amnestie-maand amper verby is. Tydens September kan alle ongelisensieerde vuurwapens, wapens, ammunisie en ander krygstoerusting sonder vervolging aan die polisie oorhandig word. Die unie sê verder dat ‘n wapenlisensie is steeds geldig wanneer dit op die vorige SWA-ID uitgereik is en dat alle wapens of plofstof, al is dit ‘n versamelaaritem, moet ‘n lisensie hê. Die president van die unie Piet Gouws het boere gevra om te verseker dat alle wapens op plase lisensies het.