Honderde vroue en kinders tydens Tigray-oorlog verkrag

Amnestie Internasionaal sê Ethiopiese en Eritrese troepe het tydens die Tigray-oorlog honderde vroue en meisies verkrag en sommige is aan seksuele slawerny en verminking onderwerp. Die organisasie het vandag sy verslag bekend gemaak. Navorsers het onderhoude met 63 oorlewendes gevoer en nuwe lig gewerp op die onreg wat reeds deur Ethiopiese wetstoepassers ondersoek word. Minstens drie soldate is skuldig bevind en 25 is aangekla. Die verslag beklemtoon die erns en omvang van die seksuele misdade wat besonder skokkend is en sê dit kom neer op oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom.