TLU SA: 25 mesne in 153 plaasaanvalle dood

Vanjaar was daar in Suid-Afrika volgens TLU SA se voorvalleegister oor plaasaanvalle en -moorde reeds 153 aanvalle op plase wat tot die dood van 25 mense gelei het. Maar die landbouminister Thoko Didiza het oor bitter min van hierdie voorvalle iets te sê gehad. Volgens die polisie se eie erkenning het 11 703 lede die Suid-Afrikaanse polisiediens in die afgelope vier jaar verlaat. Dit beteken dat elke polisielid verantwoordelik is vir 200 mense. TLU SA doen steeds ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om die polisiedepartement van bo af skoon te maak sodat bekwame persone aangestel kan word.