Kind sterf glo in Noordweste weens hongersnood

Entrepreneur Michael Amushelelo wil graag aan die minderbevoorregte, honger kinders van Etunda by Ruacana in Omusati-streek help. Nadat hy foto’s van ondervoede kinders in die streek gesien het, het hy op sosiale media vir die publiek gevra om die kinders op te spoor. Hy kon daarin slaag om die kinders op te spoor, maar ongelukkig het een van die kinders van hongersnood omgekom voor Amushelelo kon help. Hy praat met Kosmos 94.1 Nuus.

Amushelelo daag korporatiewe maatskappye uit om voedsel te skenk en met programme vorendag te kom om hierdie kinders te help. Hy sê meer moet vir Namibiese kinders gedoen word.