Hoë yster- en mangaanvlakke veroorsaak verandering in Whk se water

Stad Windhoek sê NamWater het hom ingelig dat daar uitdagings is met hoë yster- en mangaanvlakke by Von Bachdam. Die stad stel inwoners in kennis dat daar moontlik ‘n verandering in die reuk, smaak en kleur van water in die hoofstad kan wees, soos woordvoerder Lydia Amutenya verduidelik.