US$2,04 miljard Powerball het net een wenner opgelewer

Een baie gelukkige persoon het die Amerikaanse rekord-Powerball boerpot, met prysgeld van 2,04 miljard Amerikaanse dollar, of 36,4 miljard Namibiese dollar, gewen. Die wenkaartjie is in Altadena, Kalifornië, verkoop. Die amptelike Powerball-webwerf daar is net een wenner. Die trekking is etlike ure vertraag omdat een van die deelnemende loterye ekstra tyd nodig gehad het om sekuriteitsprotokolle te voltooi. Hierdie Powerball-boerpot het op 6 Augustus by 20 miljoen  Amerikaanse dollar begin en het oor drie maande sonder enige wenkaartjie gegroei. Die kans om die lotery te wen was op 1 uit 292,2 miljoen bepaal. As die wenner ‘n enkelbedrag kontantuitbetaling kies, is die waarde 997,6 miljoen dollar maar, om die hele bedrag te wen sal die wenner annuïteitsuitbetalings oor 29 jaar moet kies.