Kartering verskaf meer inligting oor Nam-besighede

Die jongste sensuskartering wat deur die Namibiese Statistieke-agentskap uitgevoer is het net meer as 61 500 besighede ingesluit. Van die besighede was ongeveer 30 200 betrokke in akkommodasie en voedsel terwyl net minder as 15 500 in groot- en kleinhandel betrokke was. Die agentskap sê in die akkommodasie en voedsel besighede, is die groter meerderheid, 84,4 persent in alleeneienaarskap met net minder as 13 persent van geslote korporasies was. Dieselfde geld vir klein- en groothandel maatskappy waar 63 persent in alleen eienaarskap is. Die agentskap sê 45 700 van die maatskappye het uiters swaar gehad tydens die Covid-pandemie. Die streek met die meeste landelike besighede is Kavango Wes met 89,9 persent, terwyl Erongo voorloop met die meeste stedelike besighede op 92,9 persent.