Hidrologiese Dienste maan teen vloede in vloedgeteisterde gebiede

Die Hidrologiese Dienste van Namibië het gemeenskappe in vloedgeteisterde gebiede van veral die Khomas-Hochland, Kuisebrivier en suidelike streke van die land gewaarsku teen moontlike vloede van riviere. Die Kuisebrivier se vlak by Gobabeb was teen namiddag 1,07 meter en vanoggend by Rooibank 1,15 meter. Die Visrivier se vlak by Tses in die Suide was vanmiddag 0,60 meter. In die hoofstad vloei riviere ook met die Arebbuschrivier se vlak wat vanoggend 0,86 meter was. Die Zambezi- en Okavangoriviere se vlakke styg ook nog steeds.