Basiese inkomste-toelaag nie gou in SA bekend gestel

Die minister van finansies in die buurland, Enoch Godongwana, sê die basiese inkomste-toelaag sal waarskynlik binne die volgende twee jaar in werking gestel word. Dit sal slegs gedoen word indien dit bekostigbaar is. Godongwana sê die regering sal steeds kyk na verskillende maniere om inkomste-steun aan arm Suid-Afrikaners te voorsien. President Cyril Ramaphosa het gister aangekondig die maatskaplike verligtings-toelaag word met nog ‘n jaar verleng.