Hersiening van Sassa-begunstigdes begin vandag

‘n Hersieningspan van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid, bekend as Sassa, kom vandag in Walvisbaai aand. Die agentskap het reeds in Suid-Afrika sy hersiening van sy begunstigdes voltooi. Daar is plaaslik 579 begunstigdes waarvan 59 ongeskiktheidstoelaes ontvang met 520 vir ouer persone. Van die groep is 172 ouer as 75 jaar. Die agentskap sê daar is persone wat Namibiese burgerskap ontvang het en reeds voordeel trek uit Namibiese toelaes wat Sassa dus kanselleer. In die buurland word dubbele burgerskap ook nie toegelaat nie. Verder, persone wat nie Suid-Afrikaans is nie, kan nie Sassa toelaes ontvang nie. Die hersieningsproses duur tot 22 Maart.