Nanso gesels oor studente in Oekraïne

Die Namibiese studente organisasie Nanso, het die aksies deur die ministerie van internasionale betrekkinge in verband met die studente in die Oekraïne verwelkom, al is daar steeds uitdagings. Afgevaardigdes van die Namibiese ambassade in Duitsland sal die Namibiese studente bystaan in Pole en gesprekke is ook reeds met Poolse owerhede gevoer. Dylan Mukoroli, woordvoerder by Nanso het die publiek ook gevra om nie fopnuus te deel nie.