Helfte van Oekraïne se kragnetwerk buite werking

Volgens die Oekraïnse eerste minister, Denys Shmyhal, moet byna die helfte van die land se kragnetwerk herstel word ná die onlangse vlaag Russiese missiel-aanvalle. Die kragvoorsiening aan miljoene Oekraïners is ná die aanvalle ontwrig. Hy sê net op 15 November het Rusland sowat 100 missiele op Oekraïnse stede afgevuur. Die eerste minister het ‘n beroep om hulp op Oekraïne se Europese bondgenote gedoen. Intussen sê die Russiese regering sy President Vladimir Putin en Amerikaanse President Joe Biden het geen planne om nou oor Oekraïne te vergader nie. Die Kremlin sê Rusland sluit nie verdere hoëvlak-vergaderings oor strategiese stabiliteit met Amerika uit nie.