Klimaataktiviste takel nog ‘n kunswerk

Aktiviste teen klimaatsverandering het in Milaan, Italië, meel gegooi oor die geel BMW-sportmotor wat deur die Amerikaanse kunstenaar, Andy Warhol, geverf is. Dit is die derde keer vandeesmaand dat aktiviste van die Laate Generasie-organisasie bekende kunswerke teiken. Betogers het op 4 November sop oor ‘n Vincent van Gogh-werk in Rome gegooi en op 15 November swart vloeistof oor ‘n Gustav Klimt-skildery in Wene, Oostenryk. Albei meesterstukke is deur glasskerms beskerm en nie beskadig nie. Warhol het die BMW Art Car in 1979 geverf, dieselfde jaar toe dit aan die 24-uur-wedren by Le Mans in Frankryk deelgeneem het.