Ramaphosa: Dienslewering aan gemeenskappe moet verbeter

President Cyril Ramaphosa het provinsiale regerings versoek om met gemeenskappe saam te werk om vinniger ‘n verbetering in dienslewering te verseker. Hy sê die Neem die Parlement na die Mense-program is daarop gemik om oplossings vir dienslewerings-uitdagings te vind. Hy sê dit bevorder ook openbare deelname aan die parlement se prosesse wat die raad dan in staat stel om sy grondwetlike verpligting uit te oefen.