Regering gaan voort met droogtehulp

Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het in die Nasionale vergadering bekend gemaak hoeveel al spandeer is op droogtehulp. Namibiese boere gaan tans swaar gebuk onder droogte, met ‘n tekort aan genoeg voer vir diere en kos vir baie boere en hulle families. Terwyl die droogtehulp fonds sê hulle het geen geld meer om boere te help nie, is die ministerie nog besig met hulle droogtehulp.

Kuugongelwa-Amadhila sê ‘n nuwe stelsel is ontwikkel om kospakkies uit te deel vir die begunstigdes van droogtehulp.