Handelstariewe op hoender-invoere moet bly

Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging sê hy verwerp oproepe dat alle handelstariewe op die invoer van hoender en enige nuwe tariewe in die bedryf vir die volgende drie jaar opgeskort word. ‘n Woordvoerder van die vereniging, Izaak Breitenbach, sê dit sal net die huidige globale mededingende bedryf op ‘n afwaartse trajek plaas. Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Vleis-invoerders en -uitvoerders het die beroep op die regering gedoen om die stygende prys van hoender te bekamp. Breitenbach sê indien die maatreëls ingestel word, sal dit tot groot ekonomiese probleme en werksverliese lei.