Kartelle verkoop wapens vir dwelms

Volgens berigte kom dit voor of Mexikaanse dwelm kartelle wapens na Colombia stuur om besendings kokaïen aan te koop. Masjiengewere, aanvalsgewere en semi-outomatiese handwapens stroom die Suid-Amerikaanse land binne en wetstoepassers in Colombia sê hulle is uiters bekommerd. Daar is amper 1 500 wapens gekonfiskeer op bekende dwelmsmokkel roetes in die land. In Mexiko, is die wapens baie makliker bekombaar en daar is wel ‘n besigheidsverhouding tussen die twee lande se kartelle.