Net helfte van Namibiërs het toegang tot die internet

Net meer as helfte van Namibiërs, 51 persent, het toegang tot die internet. Dit word as ‘n mensereg bestempel omdat dit toegang tot inligting verteenwoordig. Terwyl die syfers stelselmatig styg, met ongeveer 24 000 meer verbruikers jaarliks, is dit steeds uiters stadig. Zoe Titus, direkteur van die Namibiese Media Trust sê daar is verskeie faktore wat die toegang verhoed en daarom behoort data gratis te wees. Sy verduidelik.