Handelaar by Wuhan-mark het eerste Covid-geval gehad

Die oorsprong van Covid-19 is steeds in die nuus. In die jongste berigte het die eerste voorval van die siekte wel in die Huananmark in Wuhan voorgekom, in ‘n handelaar by die mark. Die vroulike handelaar het op 11 Desember 2020 simptome getoon. Daar was eers berig dat ‘n rekenmeester, wat geen kontak met die mark gehad het nie, die eerste geval was, maar hy het eers op 16 Desember 2010 Covid opgedoen, dae na talle gevalle by die mark bevestig is. Dit was as gevolg van die rekenmeester dat daar wyd bespiegel is dat Covid in ‘n laboratorium geskep is. Die nuwe inligting stem ooreen met die WGO se bevinding dat Covid nie vanaf ‘n laboratorium afkomstig is nie. Die taakspan wat vroeg vanjaar China besoek het, het bevind dat die virus moontlik van ‘n vlermuis deur ‘n ander dier na mense versprei het maar, dat meer navorsing nodig is.