Nog entrepreneurs gesoek

Nog 34 entrepreneurs is by die getal gevoeg regoor Namibië aan wie toelaes vir besigheidsveerkragtigheid toegeken is. Die twee Pitch For Resilience toelaeprogramme wat hierdie week gelyktydig loop, bring die program nou nader aan sy einde. Die finale weergawe van die P4Res-toekenningsprogram vind die week in Otjiwarongo plaas. Dit is ‘n laaste kans vir entrepreneurs van enige plek in Namibië om in te skryf. Danny Meyer van SME Compete.