Bibi woon hofsessie by om getuienis te hoor

Die voormalige Israelse premier Benjamin Netanyahu het vandag in die hof tydens sy korrupsieverhoor verskyn. Volgens internasionale nuusagentskappe is dit nie verpligtend dat hy teenwoordig moet wees nie maar, daar word gemeen hy wou hoor wat sy voormalige woordvoerder en raadgewer Nir Hefetz in die hof sê. Hefetz getuig vir die staat. Netanyahu word aangekla van omkopery, bedrog, en vertrouensbreuk. Hy het blykbaar gunste vir media gedoen om goeie publisiteit te kry. Hefetz het aan die hof gesê dat Bibi, soos Netanyahu bekendstaan, bestee ten minste net soveel van sy tyd aan media as wat hy aan sekuriteitsake bestee, insluitend aan sake wat ‘n buitestander as onsin sal beskou.