Handel op die beurs? Volg die nuus noukeurig…

Richard Perry, ‘n markte-analis by Infinox, beklemtoon die belangrikheid daarvan dat handelaars op hoogte bly van die nuutste nuusgebeure om markskommelinge te voorspel en hul handelstrategieë en sukses te bepaal. Nuusgebeure het ‘n beduidende impak op die aandele en een van die dryfkragte wat die skommelinge in die aandelemark bepaal. Opvallende ekonomiese en politieke gebeure kan ‘n groot invloed hê op handelsbesluite en die vooruitsigte wat handelaars vir die verskillende markte het – wat alles bepaal hoe markte geprys word. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.