Rooilyn: kabinet se verslag gee syfers

‘n Verslag deur die Namibiese kabinet wat in 2014 bekendgestel is het ondersoek ingestel na die verwydering van die rooilyn. Volgens die verslag sal die verwydering van die rooilyn ‘n meer gelyke lewendehawe-industrie skep wat nie gebaseer is op blanke boere wat produseer suid van die rooilyn nie. Luidens die statistieke wat in die dokument vervat is, kan die noorde boere tot 20 persent in produksie aan die bedryf bydra. Meer as 3 000 boere in die noorde verkoop elk ongeveer agt diere ‘n jaar maar, sou ‘n winsgewende mark aan hulle gebied word, sal hulle moontlik meer verkoop. Werksverskaffing sal ook toeneem. Die kwessie rondom die rooilyn is bek- en klouseer en die poreuse grens met Angola, waar die siekte nie doeltreffend beheer word nie.