Handboek vir teaterlui kom einde van die maand

Die Nasionale Teater van Namibië het die bekendstelling van Theatre Practices and Business in Namibia Reader 2021 op 30 Augustus aangekondig. Die aanlynpublikasie is ‘n samestelling van perspektiewe van 18 Namibiese teaterlui. Hulle gee aanbevelings hoe ontluikende teaterkunstenaars teaterpraktyke volhoubaar in die land kan bestuur. Die skakelbeampte van die NTN, Desiree Mentor, praat met Kosmos 94.1 Nuus.