Parreira gee toe, skuld Agribank N$55m

Die bekende Rundu besigheidsman Tulio van der Merwe Parreira, wat al in die plaaslike media as ‘die magnaat van Rundu’ beskryf is, het toegegee in die hoërhof dat ‘n verstekvonnis van meer as 55 miljoen Namibiese dollar teen hom deur Agribank toegestaan word. Agribank sê hy eis sedert Desember 2019 betaling en Parreira eers die saak verdedig. Daar sal ook beslag gelê word ‘n a eiendom van net meer as 6 600 vierkante meter op Rundu. Volgens Agribank, het Parreira, deur middel van sy maatskappy Killarney Beperk, in September 2015 die lening by Agribank aangegaan. Die lening is oorgedra vanaf ‘n kommersiële bank na Agribank, vir die eiendom in Rundu. Die verstekvonnis word vanoggend deur regter Marlene Tommasi bekragtig.